Kyk net so ’n slim hond! En hy het nie eers tien tone en vingers nodig om basiese Wiskunde te bemeester nie…

In ’n video deur ’n verbyganger geneem wys dié hond van die Chinese stad Taiyuan somme is nie net vir die mensdom bedoel nie.

Die verbyganger vra die hond byvoorbeeld hoeveel is een plus een, waarna hy doodluiters sy klokkie twee keer lui.

Hoe meer hy die verbyganger met sy telvermoë verbaas, hoe moeiliker raak die somme. Tot die hond uiteindelik sy klok tien keer slaan.

Aangesien die video in Chinees is, is dit onduidelik of sy eienaar, wat langs hom sit, vir hom sê hoeveel keer om die klok te slaan en of hy self weet.

Nietemin, ’n hond wat tot tien kan tel sien mens nie aldag nie.

Bronne: Daily Mail; YouTube