Vroeër dié week het ons gewonder oor misterieuse foto's van Bobby van Jaarsveld wat uit 'n polisievoertuig klim en sy suster, Karlien van Jaarsveld, wat besig is met padwerke.

Wel, dís waarmee hulle besig was! Dit gaan werklik 'n ongelooflike storie wees!

Kyk dié lokprent van Bobby en Karlien se nuwe werklikheidsreeks op VIA (DStv-kanaal 147) – en lees wat hulle sélf daaroor vertel in Huisgenoot van 17 November wat van môre af op die rakke is.