Volgens die dagblad word Desiree Murugan se kop steeds vermis, al is die Schallcross-stadion Maandag deursoek.

’n Munisipale werker het aan die koerant vertel hulle het aanvanklik gedink die lyk is ’n pop, maar het vlieë gesien toe hulle nader staan.

“Toe ek die lyk sien, was haar broek onder tot by haar enkels getrek en sy was onthoof,” het ’n lid van Chatsworth se gemeenskapspolisiëringsforum, Dumezweni Dlamini, gesê.

Die berig het nie gesê hoe die vrou uitgeken is nie.

Familielede het gesê die 39-jarige ma van ’n sesjarige seun het as prostituut gewerk om haar dwelmgewoonte te finansier.

“Ten spyte van die dwelms en haar werk het sy nie verdien om so wreed te sterf nie,” het haar suster Jennet gesê.

Polisiewoordvoerder kol. Jay Naicker het aan die koerant gesê die polisie volg leidrade op.