Hy sit sedert 1982 agter tralies, maar vandag is die 63-jarige Lewis Fogle van Indiana in Amerika eindelik 'n vry man danksy slim nuwe DNS-tegnologie.

Hy is in 1982 tronk toe vir die moord op 'n 15-jarige meisie, Deanna "Kathy" Long. Haar lyk is in 1976 gevind - sy is verkrag en vermoor. Nuwe DNS-tegnologie het egter onlangs bewys sy aandeel in die moord is onmoontlik, berig CBS News. "Hy is my man en ek is lief vir hom," het sy vrou, Deb, aan Amerikaanse media vertel.

Sy het bygevoeg dat sy en haar man maar drie maande getroud was toe hy weg is tronk toe, maar dat sy nooit in sy onskuld getwyfel het nie.

"Ons het altyd bly hoop. Altyd."

Volgens WPXI News is Lewis se eerste daad as 'n vry man om 'n lekker stuk biefstuk te geniet.

Sy prokureurs het bygevoeg dat hulle verheug is oor sy lewenslange vonnis wat tot 'n einde gekom het.

"Die DNS het bewys Meneer Fogle het niks met dié nare misdaad te doen gehad nie," het een van sy regsverteenwoordigers aan NBC News gesê.

Bronne: CBS News,