Volgens CalculatorCat.com is dit gelykstaande aan ’n 133 jarige mens.

Haar eienaar, Brian McLaren van Woolsthorpe, Australië, se hart is in stukke, want hy en Maggie was onafskeidbaar. Sy het hom heeldag soos ’n skaduwee gevolg.

“Ons was groot vriende,” het die melkboer tydens ’n onderhoud met die Australiese 7News-kanaal gesê. Maggie het by hul huishouding aangesluit toe sy jongste seun, Liam, vier jaar oud was. Liam is vandag 34 jaar oud. Brian het ongelukkig nie al die nodige papierwerk behou om Maggie se naam in die Guinness World of Records te laat opneem nie.

Ten spyte van haar gevorderde jare was Maggie se gesondheid merkwaardig. Hoewel sy doof was, nie meer so rats soos in haar jonger jare nie en haar middagslapies weldra halfdagslapies geword het, was haar laaste besoek aan die veearts 15 jaar gelede om gesteriliseer te word.

Volgens Brian het Maggie die 30 katte die week voor haar dood nog gewys wie’s baas. En sy het hom steeds daagliks getrou na die melkery gevolg voor sy vir haar middagslapie verdwyn het. Die laaste twee dae van haar lewe het Maggie se toestand wel ’n bietjie agteruitgegaan.

Het haar lewensduur dalk iets te doen met die Australiese klimaat? Die oudste hond, volgens die Guinness World Records, is ’n hond genaamd Bluey wat aan Les Hall van Rochester, Victoria, behoort het. Bluey was ’n jong hondjie toe Les hom kry. Hy is op 29 jaar en vyf maande uitgesit.

Meer oor kelpies (Australiese skaaphonde)

1. Die eerste kelpie was ’n bruin-en-swart tefie. Sy het effe slap oortjies gehad en is rondom 1860 deur ene Jack Gleeson gekoop.

2. Die ras is glo genoem na ’n mitologiese figuur uit die Keltiese volksverhale: Kelpie is volgens Pharos die Gaeliese woord vir watergees.

3. Kelpies se normale lewensverwagting wissel van 12 tot 14 jaar.

4. Een van die legendes rondom kelpies is dat vosbloed in hul are vloei (dis gegrond op die vorm van hul kop) en ook dat daar met elke werpsel ’n rooi hondjie sal wees.

5. In Australië word kelpies selfs as gidshonde en terapietroeteldiere ingespan.

6. Swede, Nederland en Finland gebruik hulle vir reddingsendings.

Bronne: guinnessworldrecords.com, dailymail.co.uk, calculatorcat.com, terrificpets.com, findfast.org

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Oscar Pistorius se wolhaarhondjie: Vertroetel hom wanneer tronkdeur toeklap, vra kenner

Kyk hoe blom die liefde tussen dié beminde Afrikaanse sangerpaartjie

Kyk: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise