Drie pa’s glo die Kantoor van die Gesinsadvokaat en die polisie diskrimineer oor die algemeen teen pa’s. En nou is hulle slaggereed om regsgeskiedenis in Suid-Afrika te maak.

“Is dit te veel gevra as ’n pa net sy kind wil sien en ’n normale verhouding wil opbou?” vra Herman moedeloos. Hy kon sy sewejarige seun die afgelope twee jaar net sowat 50 uur sien.

“En ons storie is nie uniek nie. Duisende pa’s sit in dieselfde bootjie.”

“Ek kan glad nie verstaan hoekom die Gesinsadvokaat my beveg as ek net my kinders wil terughê in hul eie kamer in hul eie huis nie? Is dit omdat ek ’n man is?” vra Mike wat die afgelope tyd sy kinders twee uur per week in die kinderhuis kan besoek.

En Herman is in hegtenis geneem vir agtervolging nadat hy by sy kind se skool sit en wag het om hom te sien.

Lees meer oor Jaco Hough-Coetzee se gesprek dié drie in die Huisgenoot van 12 April 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.