Baie het gebeur in die veertien jaar sedert haar dood. Die seuntjies wat gebroke en kop onderstebo agter haar kis aangestap het op die somber dag van haar begrafnis, het aantreklike jong mans geword.

Een is pas getroud met ’n skoonheid wat die wêreld reeds bekoor, en dit lyk  asof die ander een binnekort weer in Afganistan gaan veg.

Op 1 Julie 2011 sou prinses Diana vyftig jaar oud geword het. Ons kan maar net raai hoe sy nou sou gelyk het. Pleks daarvan is sy vir altyd vasgevang in haar 36ste jaar, sonbruin ná ’n somer aan die Franse Riviera saam met Dodi al-Fayed. Sou sy en Dodi nog saam gewees het as sy bly leef het?

In ‘n spesiale huldeblyk van ses blaaie kyk Huisgenoot na Diana se mees indrukwekkende uitrustings, onvergeetlike oomblikke en gelukkigste dae en filosofeer kundiges oor wat die toekoms moontlik vir die prinses van harte sou kon inhou.

Lees meer in die Huisgenoot van 30 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.