Jy moet jou lyf so stil hou dat dit lyk asof jy een van daardie mannekyne in winkelvensters is waaraan klere hang.

Ons Blitsbokke het in 'n aantrekkamer voor die aanvang van die Safland-sewestoernooi in Swakopmund, Namibië, gewys hoe dit gedoen word.

Maar rugby is steeds hul nering. Hulle het die titel op hierdie toernooi Sondag ’n tweede agtereenvolgende jaar gewen.

Hul mediabestuurder, J.J. Harmse, het die video geneem en op sy Facebookblad gedeel waarna die Springbokke se amptelike blad dit ook opgetel het. Dit is tot op datum al meer as 100 000 keer gekyk.

Neil Powell, die Blitsbok-afrigter, was ook baie beïndruk met sy span se vertonings op die veld. Die Blitse het in Sondag se oorwinning met 26-10 oor Kenia in die eindstryd net twee drieë afgestaan.

Skoolkinders in Amerika het verlede maand met hierdie stilstaangier genaamd mannequinning begin. Dit het vinnig oor die wêreld versprei.

Selfs die Demokrate in Amerika se presidentskandidaat, Hillary Clinton, se vliegtuig het dit saam met die sanger Bon Jovi gedoen – dis nou voordat sy teenoor Donald Trump in die verkiesing verloor het: