Ons is so bly om te sien dinge gaan voor die wind met ons suksesvolle Idol-wenner Elvis Blue en sy vrou Chireze.

Nie net gaan Elvis in Augustus vier vertonings vir James Blunt se Suid-Afrikaanse toer open nie, die paartjie het ook ‘n paar maande gelede kom nesskop in Johannesburg en hul eerste eiendom hier gekoop.

Net bietjie meer as ‘n week gelede het Elvis saam met sy vrou en dogtertjie, Lila, in hul huis in Berario ingetrek.

Terwyl Elvis in Julie die land vol getoer het, het Chireze haar hande vol gehad en met die hulp van ‘n vriendin mure laat uitbreek, gebou en geverf om ‘n huislike omgewing vir haar gesin te skep.

Hier is die paartjie in een van die gesellige hoekies voor die kaggelvuur.

Kyk uit vir Huisgenoot op die rakke waar ons meer foto's van Elvis se huis deel.

Volg Huisgenoot op Twitter.