Huisgenoot-Wendiëte

Vanjaar se Huisgenoot-Wendiëte fokus nie bloot op verslanking nie, maar oor ’n dieet wat jóú pas. Hierdie uitgawe het 32 beproefde eetplanne, onder meer die bloedgroepdieet wat baie lesers aan die praat het. Ons het ook ons lesers vir hul raad oor lewenstyl-uitdagings gevra. “Ons het van die gewildste dieetboeke aan ses van ons lesers gegee en hulle gevra om self te lees en die dieetwenke en eetplanne op die proef te stel. Party van hulle het ’n bietjie gewig verloor, ander is ’n nuwe mens. Hulle gee terugvoer oor wat gewerk het en wat nie. Dit is van onskatbare waarde vir iemand wat met ’n nuwe dieetplan begin,” sê Alet van Zyl, redakteur van Huisgenoot-Wendiëte. Die USN Body Makeover Plan ook is by hierdie uitgawe, wat deur USN geborg word, ingesluit. Maar dis darem nie net harde werk en verbeeldinglose eetplanne nie. Huisgenoot-Wendiëte bevat ook die heerlikste resepte vir almal wat wil gewig verloor – van bobotie tot (kan jy glo!) sjokoladekoek.

  • Koop dit so: Huisgenoot-Wendiëte is van 4 September af in winkels te kry. As jy dit nie in die hande kan kry nie en dit wil bestel, klik hier om dit in ons aanlynwinkel te bestel of SMS WENDIETE en jou naam en kontakbesonderhede na 34923. Elke SMS kos R1.