Juanita du Plessis loer onderlangs na haar oudste seun, Ruan. Die kêrel met sy potblou oë – dieselfde blousel-blou as pa Doepie s’n – loer terug.

Albei sit ken in die hand, elmboë op die tafel, die ander hand se vingers onbewustelik aan die tiktik op hul wange soos hulle dink.

“Wat hét ons gemeen?” vra sy.

“Ek weet nie,” frons Ruan.

Dan verklaar Juanita skielik: “Hy’s net so sensitief soos ek!”

Ja, inderdaad, erken die jong man. “En ons al twee hou van sing.”

Ruan du Plessis (21) is sy ma se kind. Waar kleinboet Mario (17) soos pa Doepie wil gaan boer en elke vakansie op Hentiesbaai in Namibië wil visvang, wil Ruan en Juanita musiek maak en die wêreld sien.

Mario se tweelingsuster, Franja, is ook in die sing-en-reis-kamp.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo gaan kuier ons by Ruan en Juanita en gesels ons met hulle oor werk, musiek en soveel meer.

Lees meer in die Nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo. 

Juanita en Ruan is ook op Huisgenoot-Tempo se nuutste voorblad: