By die huis gekom, met die dinge van Isabelle en haar mede-Laners veilig agter die deur van die 7de Laan-ateljee toegemaak tot môre, het Illse Roos ’n geliefde ritueel.

‘‘Ek skop my skoene uit, was my gesig en skink ’n glas wyn. Miskien twee glase ná ’n moeilike dag,’’ sê sy met ’n glimlag.

Sy is ’n rooiwynmeisie; sy het immers op ’n wynplaas buite Stellenbosch grootgeword.

‘‘My ma-hulle het elke Sondag vir elk van ons kinders ’n klein glasie wyn geskink sodat ons ook kon proe,’’ vertel dié Bolandse nooi.

‘‘Ek doen dit ook nou vir my kinders en hulle kan al sê wat hulle op die neus optel,’’ vertel sy trots.

Hopelik het sy saans al haar woordleerwerk vir die dag sommer by die ateljee klaar gedoen, sodat sy al haar tyd aan manlief Gary Carlton en haar seuns, Luke (12) en Matthew (8), kan bestee.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 22 April 2010.