In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gesels ons met die Idols-finalis Dave van Vuuren.

‘n Mens wil amper dink die man is bedwelm wanneer Dave op die verhoog klim en begin sing. Dit lyk kompleet asof hy in die een of ander beswyming verval.

“Dit is my siel wat uitkom,” vertel die donkerkopsanger en tik met sy regterhand daar waar sy hart klop, net soos ons hom al dikwels op die Idols-verhoog sien maak het.

Dave vertel ons van sy skooldae en dat musiek reeds van vroeg reeds al was waarin hy belanggestel het.

“Wanneer ek op die verhoog is, vergeet ek heeltemal van die gehoor en die mense om my.”

Ons vind ook meer uit oor die ander liefde in Dave se lewe en hoe hulle ontmoet het.

Lees meer in die Huisgenoot van 11 Augustus 2011.