Dit is tog vanselfsprekend om vriende te wees met jou medewerkers en te klets oor die nuwe TV-reeks wat volgende maand begin, of watter lekker kos jy gisteraand aanmekaargeslaan het, maar soms vergeet ons Hollywood se bekendes is ook maar mens.

Snoop Dogg, David Beckham en Martha Stewart

Wie sou kon dink dat Snoop Dogg eers David Beckham se mening vra voor hy liedjies uitreik? Die rapper het in 2011 aan BBC Radio vertel dat David een van die eerste mense is wat na sy liedjies luister. “Ek stuur die liedjie na hom voor dit klaar is, selfs voor dit na die platemaatskappy gaan.” Praat van ’n vreemde kombinasie!
Snoop Dogg bly nie net in aanrakings met oudsokkerspelers nie; hy stel deesdae ook sy kooktalent ten toon op Martha & Snoop’s Potluck Dinner Party wat hy saam met die TV-persoonlikheid en skrywer Martha Stewart aanbied. Dié twee is al sedert 2011 bevriend toe hy gereeld verskyn het op haar kookprogram Martha.

Russel Brand en Helen Mirren

As ’n komediant en aktrise saamkuier kan dit net pret wees. Russell Brand en Helen Mirren het mekaar in 2011 op die stel van The Tempest ontmoet en het net goeie goed oor mekaar te sê. Russel het aan The Telegraph gesê dat Helen ’n ongelooflike persoonlikheid het en dat sy eenvoudig net merkwaardig is. “Ek is rêrig lief vir haar en respekteer haar so baie.”

Nicki Manaj en Anna Wintour

’n Mens kan tereg wonder wat die Vogue-redakteur Anna Wintour en Nicki Minaj in gemeen het, maar volgens NYdailynews.com het Anna blykbaar aangedring dat sy langs Nicki by die New York modeweek sit.

Bette Midler, 50 Cent en Meryl Streep

Kyk, Bette Midler en 50 Cent is vir seker beste vriende! Bette het in 2009 reeds aan NYdailynews.com gesê dat hy haar lewe die moeite werd maak. “Ons is al saam deur dik en dun.” Dié twee het saamgewerk aan Bette se organisasie sonder winsoogmerk, New York Restoration Project, wat hulle beywer vir die omgewing.

Bette milder is on my list,of my favorite people in the world. #smsaudio #animalambition

A post shared by 50 Cent (@50cent) on

Hoe klink ’n rapper en bekroonde aktrise by ’n basketbalwedstryd? Meryl Streep en 50 Cent het omtrent soos ou vriende gekuier by ’n kragmeting tussen die Los Angeles Lakers en New York Knicks. 50 Cent het later by ’n foto op Instagram van hom, Meryl en die basketbalspeler Kobe Bryant geskryf, “Beste bal, Kobe, beste rapper, 50, beste aktrise, Meryl Streep. Oortref dit. #smsaudio.”

Things got a little gangsta. Lol TURN UP, Turn Down for what!#smsaudio

A post shared by 50 Cent (@50cent) on

Bronne: BBC Radio, Twitter, Instagram, The Telegraph, NYdailynews.com.