Aanhangers van flieks oor strokiesprentboeke het in 2016 baie om na uit te sien.

Van die nuwe aflewering van Captain America tot Batman wat Superman aanvat – hier is ’n lys flieks wat op strokiesprente gegrond is wat vir uitreiking volgende jaar beplan word:

Deadpool (Februarie)

[caption id="attachment_113717" align="alignnone" width="634"]Foto: Fox Foto: Fox[/caption]

Wade Wilson (Ryan Reynolds), ’n oudsoldaat wat terminaal siek is aan kanker, ondergaan ’n eksperimentele proses wat hom versteurd laat en magte gee om vinnig te heel. Die meeste Marvel-flieks is vir die hele gesin, maar Deadpool is volgens gissings nie geskik vir kinders onder 17 nie – los hulle dus tuis.

Batman vs Superman: Dawn of Justice (Maart)

[caption id="attachment_113718" align="alignnone" width="600"]Foto: Warner Bros. Foto: Warner Bros.[/caption]

Uit vrees oor wat sal gebeur as iemand met bomenslike kragte sy gang kan gaan, reis Batman (Ben Affleck) na Metropolis om teen Superman (Henry Cavill) te veg. Wonder Woman (Gal Gadot) maak ook ’n verskyning.

Captain America: Civil War (Mei)

[caption id="attachment_113721" align="alignnone" width="600"]Foto: Marvel Foto: Marvel[/caption]

In vorige Avengers-flieks het Captain America (Chris Evans) en Iron Man (Robert Downey Jr.) nie juis langs dieselfde vuur gesit nie, maar hulle was steeds bondgenote. In die nuutste Captain America-fliek baklei die twee helde omdat hulle verskil oor of superhelde geregistreer behoort te wees of nie.

X-Men: Apocalypse (Mei)

[caption id="attachment_113722" align="alignnone" width="600"]Foto: Marvel/Fox Foto: Marvel/Fox[/caption]

Apocalypse, ’n oeroue, kragtige mutasie, ontwaak ná duisende jare se slaap. Omdat die moderne samelewing nie na sy sin is nie, besluit hy die wêreld moet “skoongemaak” word. Dit dwing die vervreemde vriende Mystique (Jennifer Lawrence) en Charles Xavier (James McAvoy) om saam te werk om Apocalypse te keer.

Suicide Squad (Augustus)

[caption id="attachment_113723" align="alignnone" width="600"]Foto: Warner Bros. Foto: Warner Bros.[/caption]

’n Regeringsagentskap stel ’n span skobbejakke saam om hul vuilwerk te doen en laat hulle toe om hul betrokkenheid te ontken sou iets skeefloop. ’n Klompie DC-skurke maak hul verskyning, ook die Joker (Jared Leto), Harley Quinn (Margot Robbie), die Enchantress (Cara Delevingne) en Deadshot (Will Smith).

Gambit (Oktober)

[caption id="attachment_113725" align="alignnone" width="600"]Foto: Fan Art Foto: Fan Art[/caption]

Min is al oor die fliek se storielyn bekend, maar Channing Tatum vertolk die rol van Remy LeBeau alias Gambit, ’n mutasie wat ontploffende kaarte gooi. Doug Liman, die man agter aksietreffers soos Edge of Tomorrow, The Bourne Identity en The Bourne Ultimatum, gaan waarskynlik die regisseur wees. Ongelukkig is ’n lokprent nog nie uitgereik nie.

Doctor Strange (November)

[caption id="attachment_113726" align="alignnone" width="600"]Foto: Fan Art Foto: Fan Art[/caption]

Aanhangers van hierdie Marvel-towenaar sal tot die einde van die jaar moet wag vir hul held om sy verskyning te maak. In die fliek verkry die neurochirurg dr. Stephan Strange (Benedict Cumberbatch) towermagte op sy selfontdekkingsreis nadat hy in ’n motorongeluk was wat sy loopbaan geruïneer het. Die lokprent is nog nie uitgereik nie.

BRONNE: youtube.com, en.wikipedia.org, imdb.com