Dié mollige skoonheid van Paarl in die Wes-Kaap het almal in 2015 verstom deur 14 kg in 4 maande af te skud vir die Mej. Suid-Afrika-byeenkoms.

Marciel Hopkins, ’n finalis in die skoonheidswedstryd, is nou twee jaar later terug by haar normale gewig – en sy is dolgelukkig daaroor.

En dit is nou vir dié 23-jarige ’n roeping om ’n boodskap van selfliefde en positiwiteit jeens die menslike liggaam na ander jong vroue oor te dra. Marciel, wat nou as ’n plusgrootte-model werk, het onlangs sosiale media ingespan om ’n foto van haar aansienlik dunner self by die skoonheidswedstryd langs ’n meer onlangse foto van haar te plaas. “Ek het nooit ’n bepaalde dieet gevolg nie, maar ek het drastiese veranderinge aan my leefstyl aangebring en het letterlik my alie afgeoefen,” het sy by die foto geskryf. “Die foto links is ná 5 maande van intensiewe oefening en absoluut GEEN koolhidrate, rooivleis of alkohol nie geneem. Sjokolade, koek en lekkers was vloekwoorde!”

“Ek het twee of drie ure per dag geoefen en het selfs kardiosessies oor naweke ingewerk. My borste het twee groottes gekrimp en my maandstonde het opgehou. Op die spesifieke dag waarop hierdie foto geneem is, het ek verkluim tuisgekom ná die fotosessie en ek het slegs ’n klein appeltjie vir aandete gehad,” het die mooi brunet gebieg. Kort na die skoonheidswedstryd het Marciel aan Huisgenoot gesê sy was destyds baie doelgerig. "Ek het ’n duidelike visie gehad en dit was om ’n finalis in die Mej. SA-wedstryd te word."
“Ek was bewus van die feit dat (om gewig te verloor) deel was van my stryd, en ek het geweet dit gaan nie maklik wees nie. Ek het nie gekla nie, niemand het my gedwing om dit te doen nie. Dit was my eie uitdaging.”

Lately I've received a number of messages around weightloss advice and questions about which diet I followed for Miss South Africa. I want to give you honest feedback: I never followed a specific diet, but I made drastic lifestyle changes and literally trained my butt off. The picture on the left was after 5 months of intense training and absolutely NO carbs, red meat or alcohol. Chocolates, cake and sweets were swear words! I trained 2 to 3 hours a day and I even worked cardio sessions in over weekends. My boobs shrunk 2 cup sizes and my period stopped. On this specific day of the picture, I got home, freezing after the shoot, and I had a baby apple for dinner. From the picture on the right, more than a year later, I want to say, it's NOT worth it to fight a daily battle with food or your body. Bodies are different, we can't all look the same. Instead of having #bikinibody unrealistic-nonsense-goals that are being spoonfed to us on a daily basis, strive towards being the healthiest and happiest version of yourself (mentally and physically). Don't fight against something that is part of who you are. Self acceptance is a relationship that you have to work on daily. Be sure to make your body your new best friend. Light and love! #bodypositive #bodypositivity #bodyconfidence #loveyourbody #dietculture #unrealisticgoals #bebodyaware #healthnotsize #beautybeyondsize #droptheplus #everybodyisbeautiful #swimwear #bikini #curves #iamallwoman

A photo posted by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on

Niemand behoort tog seker dit alles deur te maak ten einde Mej. SA te wees nie, of hoe?

Marciel hou vol dis nie nodig nie. Sy voel ook die skoonheidswedstryd behoort te groei en dat daar hope potensiaal is vir liggaamsdiversiteit. “Ek weet dat indien ek nou in my noommer 14-jeans (vir Mej. Suid-Afrika) inskryf, sou ek nie aanvaar word nie,” sê sy eerlik. Haar reis het veroorsaak dat Marciel haar liggaam in ’n heel nuwe lig sien. "Ek wil net nou meer as ’n jaar later sê dis eenvoudig NIE die moeite werd om elke dag ’n geveg met kos of jou liggaam aan te knoop nie.”

"Liggame verskil; ons kan nie almal eenders lyk nie. In plaas van #bikinilyf-onrealistiese-onsinnige-doelwitte daagliks by die lepelsvol in te kry, moet jy daarna streef om die gesondste en gelukkigste variasie van jouself (geestelik, sowel as liggaamlik) te wees."
En Marciel het deur te leer om haar liggaam lief te hê allerhande soorte geleenthede raakgeloop. “Dit was baie opwindend kort nadat ek teruggekeer het (van Mej. SA af). Dit het twee maande geneem voordat ek weer my normale grootte bereik het. Ek het toe by ’n modelagentskap ingeskryf en was kort voor lank op ’n vliegtuig Duitsland toe vir my eerste modelwerk!”

Aangesien sy in Kaapstad woon, is daar baie Europese kliënte wat besprekings by haar doen om Suid-Afrika met sy pragtige strande te besoek. Modelwerk is egter nie haar enigste doel in die lewe nie.

Die plusgrootte-model het verlede jaar haar Honneursgraad in sielkunde behaal en sy hoop om dinge ’n tree verder te neem en ’n liggaamspositiwiteit-lewensafrigter te word.

“Ek voel dat dit baie meer holisties is om ’n lewensafrigter te word as ’n sielkundige. Dis ’n goeie platform om vooruit te gaan, maar ek voel dis te eendimensioneel. Dis meer die soort platform waarvandaan ek my loopbaan kan bou."

In terugskouing sê Marciel sy sou nie die ondervinding met Mej. SA wou verruil nie en sy is oor niks spyt nie.

“Dit was die ondervinding wat my so getrou aan myself gemaak het en my geleer het om my liggaam lief te hê,” sê sy. “Ek het nooit gedink dit sou so ’n groot uitwerking (op my liggaam) hê nie. Die storie het sy eie koers ingeslaan en ek het eenvoudig saamgereis.” En die voornemende lewensafrigter het ’n positiewe boodskap vir jong vroue daar buite: “Ons liggame is verstommend,” sê sy. “Leef voluit (saam met jou lyf) en gee dit liefde. Moenie toelaat dat die gemeenskap jou breinspoel nie, ons liggame is bedoel om gevier te word!”