Emma Rester van El Paso, Texas is net vier jaar oud, maar dié bloedjong gimnas steel omtrent die kollig waar sy ook al gaan.

Die kleuter het al meer as 77 000 aanhangers op die sosiale netwerk Instagram, wat haar ma, Antje Rester, bestuur. Sy het ook onlangs op Ellen DeGeneres se kletsprogram ’n draai gemaak en Ellen – en die gehoor – was uitgeboul toe Emma hulle met ’n paar toertjies vermaak.

Lees ook: Selfs vierjariges word afgerig by gimnastiekkampe in China

Sy was net twee en ’n half jaar oud toe sy gimnastiek begin beoefen het, het Emma (toe 3), in die program gesê. Gimnastiek het haar ’n wonderlike filosofie geleer wat sy nog lank kan gebruik.

Toe Ellen haar vra of sy ooit bang is sy gaan val, het sy vinnig geantwoord: “Nee, want dan staan ek net weer op.” Die gehoor het haar toegejuig.

Emma was lomp voor sy met gimnastiek begin het, vertel haar ma. Antje het gehoop dié sport sal haar dogtertjie met haar lompheid help en in ses maande het sy behoorlik gevorder. Volgens haar gimnastiekafrigter het Emma ’n natuurlike talent en sy vorder goed sedert sy begin het. Lees ook: Swanger vrou se ongelooflike gimnastiekvaardighede terwyl sy agt maande swanger met ’n tweeling is! Sy het nie haar talent by haar ouers gekry nie. Nie Antje of haar man, wat in die weermag in Korea veg, is gimnaste nie. Emma is ’n groot aanhanger van die Amerikaanse gimnas Gabby Douglas (regs) wat ’n goue medalje by die 2012 Olimpiese Spele gewen het.

As sy so mooi aanhou staan sy dalk self eendag op die podium by die Olimpiese Spele.

Kyk hier na die video:

Bronne: emptylighthouse.com, today.com, youtube.com

– Saskia Hill

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Toeriste laat spaander toe boot hawemuur tref

Waar kom Gekkedag vandaan? Is jy deur dié slimstreke uitgevang?

Kyk: Rocco de Villiers en Karen Zoid gaan jou lus maak om te tango

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s

Vrou wat ‘bang was vir kos’ leef drie jaar lank net van braaihoender