Die langasem-atleet woon deesdae in Amerika saam met haar man, Mike Pieterse, en drie kinders – Lisa en die tweeling Michael en Azelle (18)

A photo posted by @dancallister on

Die gesin woon in Myrtle Beach in Suid-Carolina aan die ooskus van Amerika waar Zola as assistent-afrigter by die Coastal Carolina-universiteit werk.

Die gelukwensinge het omtrent op Zola se Facebook-blad vir haar ingestroom.

“Zola – Baie, baie geluk aan ons Goue Meisie van weleer met jou 50ste verjaarsdag vandag,” het die oud-sportredakteur van Volksblad Frikkie van Rensburg en sy vrou, Elsie, op Facebook laat hoor.

“Baie, baie dankie vir al die roem wat jy vir ons ou Bloemies in die verlede ingeoes het. Mag die Liewe Heer jou met tonne gesondheid seen, dat Hy jou vir jou gesinnetjie, familie en vriende spaar.

Zola was net 14 toe haar ouer suster, Jenny, aan kanker oorlede is. Om te hardloop was haar manier om haar pyn te verwerk. En sy het in die proses rekords laat spat.

In 1984 het die Vrystaatse skoolmeisie Suid-Afrikaners en die wêreld laat regop sit toe sy op Coetzenburg op Stellenbosch ’n wêreldrekord in die 5 000 m opgestel het – en dit terwyl sy kaalvoet gehardloop het. Dié rekord is egter nie erken nie omdat Suid-Afrika toe nog weens apartheid uit internasionale sport verban is. Sy was in omstredenheid gedompel toe sy Britse burgerskap gekry – haar oupa is Brits – en toe in 1984 Brittanje by die Olimpiese Spele in Los Angeles verteenwoordig – en dit terwyl haar geboorteland nog onder sanksies was weens apartheid. Maar toe kom die opskudding in die 3 000 m-wedloop toe sy teen Mary Decker van Amerika bots – die einste atleet wat in haar begindae as atleet teen haar kamermuur gepryk het.

A photo posted by Sport (@thisdayinsport) on

Die skare het haar uitgejou omdat hulle gedink het sy het Mary gepootjie en sy het toe sewende geëindig.

En ironies genoeg noem sy nou dié einste land haar tuiste . . .

Bronne: sarie.com, netwerk24.com, mirror.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: China het dalk die antwoord op verkeersknope!

Nagmerrie-kiem laat medici in koue sweet uitbars

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende rooftog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar