Al van die laaste episode van die vierde seisoen af kan ons skaars wag vir die nuwe een omdat die Pretty Little Liars ’n paar veranderinge ondergaan. Kyk ’n bietjie hier:

1. Die groep is weer saam. Noudat almal weet Ali lewe nog, gaan alles weer wees soos wat dit was – amper.

2.Ons gaan baie van Ezria sien. Ezra het nou wel voor ’n koeël ingespring vir Aria, maar die feit bly staan, hy het ’n boek oor haar en haar vriende geskryf. Ons gaan maar moet sien of die vlam nou vir ewig geblus is.

3. Gepraat van liefde. In die nuwe seisoen gaan Emily se emosies wipplank ry met dié dat Ali terug is en sy baie onbeantwoorde vrae het.

4. Ons gaan eindelik uitvind wie A is. Ja, ons voer dit dalk ’n bietjie te ver, maar ná vier seisoene is ons eindelik gereed om te weet wie dit is. Ons het letterlik al almal verdink – wie is dit nou eintlik?

- Janine Nel