Wanneer ’n mens jou gesin beplan, hoop jy op ’n gesonde kleinding met 10 vingers en 10 tone.

Stel jou voor hoe groot die Van der Merwe-gesin se vreugde was toe hulle nie een nie, ook nie twee nie, maar drie vroeggebore – en gesonde – babas huis toe bring.

[caption id="attachment_134491" align="alignnone" width="600"]xx Die Van der Merwe-gesin van Johannesburg was verheug ná hul drie vroeggebore babas gebore is. Maar daar was komplikasies. Foto: Verskaf[/caption]

“Ek en my man, Gareth (41), het besef met in vitro-bevrugting is daar ’n kans op ’n tweeling, maar ons het die kans op ’n drieling hoegenaamd nie oorweeg nie,” vertel Ronelle van der Merwe (34) van Boksburg.

Hulle het ook geweet ’n twee- of drieling word dikwels vroeggebore, maar hulle het nie gedink hul klein trio sou reeds op 26 weke hul opwagting maak nie.

Vroeg in Maart het Ronelle se water gebreek en die bekommerde egpaar het hulle na hul ginekoloog in Pretoria gehaas.

“Hy het my dadelik in die hospitaal laat opneem,” vertel Ronelle. Sy moes in die bed bly tot sy begin kraam. Die toekomstige ouers het verwag dit sou nog ’n paar weke duur, maar dit het dae later gebeur. Die dokters het ’n noodkeisersnit uitgevoer.

“Toe hulle uitkom, was hulle pers! En baie klein en broos,” sê Ronelle. “Toe hulle die babas wegvat, was ek baie bang.”

13312859_10154280349208060_3223571351927647467_n-768x768

Maar sy en Gareth is toegelaat om hul babadogter en -seuns – wat hulle besluit het om McKayla, Mason en Liam te noem ? die volgende dag in die waakeenheid te sien.

Dit was vir Ronelle en Gareth ongelooflik moeilik.

“Die eerste drie weke was moeilik omdat hulle heelwat gesondheidsprobleme gehad het, maar teen die tyd dat hulle huis toe gekom het, was hulle gesond.”

Hulle is sedert 28 Mei by die huis. “Ons is ongelooflik bevoorreg dat hulle vandag gesond en sonder enige kwale is,” sê sy oor die drieling, wat nou sowat vyf maande oud is. Net Mason se oë het nog behandeling nodig. Soos soms met vroeggebore babas gebeur, het sy retina nie volledig gevorm nie.

Gelukkig kon dokters opereer voor hy uit die hospitaal ontslaan is en loop hy nie meer die gevaar om blind te word nie. Hy moet nou net die dokter vir opvolgondersoeke besoek, sê sy ma.

“Ons kan sien hoe elkeen hul eie persoonlikheid begin ontwikkel,” sê Ronelle oor McKayla, die oudste, en haar twee boeties, Mason en Liam.

Gareth het twee kinders uit ’n vorige verhouding, Tyla (15) en Nathan (16), maar die drie is Ronelle se eerste kinders. Die nuwe ma sê sy dit is vir haar “verbasend draaglik” om die drie babas te versorg.

13872796_10154472437693060_1637404007232987096_n-768x768

“Ek vra my ma gedurig: ‘Kom die moeilike deel nog?’” skerts sy. “Ek bedoel, dis nie maklik nie,” maak sy dit duidelik. “Dis moeilik wanneer hulle almal op dieselfde tyd huil, maar hulle slaap goed, hulle het nie koliek nie – hulle is net engele.”