Hier is vyf feite oor ons gunstelingheks in The Vampire Diaries wat jy dalk nie geweet het nie:

  • Sy kom oorspronklik van Switserland af. Ja, Kat is in Genève, Switserland, gebore en het Los Angeles toe getrek toe sy vyf was.
  • Haar eerste TV-verskyning was op Lizzie McGuire. Wie sou dit kon raai! Ons wonder of sy en Hilary Duff in aanraking bly.
  • Sy kan vyf verskillende tale praat. “Ek praat Engels, Spaans, Frans en ’n bietjie Portugees en Hebreeus,” het Kat eenkeer vertel. Indrukwekkend, nè?
  • Sy ken haarself. Kat het ’n tatoe op haar linkerpols wat lui: “nosce te ipsum”. Dit is Latyns vir “ken jouself”.
  • Sy het al vir amper almal gedans. Die choreograaf Fatima Robinson het haar raakgesien en daarna het sy in talle musiekvideo’s vir kunstenaars soos Usher, John Legend en nog vele meer opgetree.

- Janine Nel