Is jy op soek na nuwe inspirasie vir jou hare? Hier is ’n lys van die nuutste en mooiste haarstyle van 2014 (tot dusver)!

Emma Stone

Hare_Emma stone

Volg dié pragtige rooikop se voorbeeld deur jou hare net effens korter te knip en dit met ’n tikseltjie ombré te versier. Dit sal vir seker al die ouens se koppe laat draai!

Emma Roberts

Hare_emma-roberts-600x450

Emma het onlangs haar pragtige blonde lokke verruil vir ’n korter haarstyl met haar natuurlike haarkleur. En ons is dol daaroor!

Kylie Jenner

Hare_KylieJenner-1

Dié meisie is ernstig oor transformasie en verander haar haarstyl gereeld. Ons is dol oor haar kapsel met blou punte.

Selena Gomez

Hare_SelenaLB2

Sy het mooi hare en speel gereeld rond met die lengte daarvan. Volg haar voorbeeld, want haar hare is perfek verby!

Kristen Stewart

Hare_Kristen Stewart

Sy het eers die wêreld geskok met haar lang oranje lokke (JA, oranje!) en toe ’n paar maande later weer met ’n gewaagde pixie-haarstyl vorendag gekom . Maar ons moet sê, dit pas haar perfek.

Vanessa Hudgens

Hare_vanessa hudgens

Vanessa is bekend vir haar baie lang lokke, maar sy het onlangs gewys sy is lus vir die kort-hare-ek-gee-nie-om haarstyl en sy lyk regtig asemrowend.

-Janine Nel