Hierdie Picasso’s is egter nie jou gewone kunstenaars nie. Dagger, ook bekend as ‘Dog Vinci’, en die skattige Arbor gebruik hul talente om geld vir hulpbehoewende harige vriende in te samel.

Die tweejarige Arbor is deur die Hendricks-gesin in Las Vegas gered toe sy ’n babahondjie was. Tot Bryce en Jennifer Henderson se verbasing ontpop hul woef toe in ’n kunstenaar. “As ons vir mense sê ons hond skilder, kan jy sommer dadelik sien hulle verstaan dit nie,” het Bryce aan MailOnline gesê.
“Hulle dink sy gebruik haar poot of haar stert en wanneer ons dan vir hulle die video wys, hang hul mond oop en hulle sê: ‘O genade, jul hond skilder!’,” het hy gesê.

Volgens Bruce kan nie hy of sy vrou skilder nie, dus moes hulle dit aanleer toe hul brak daarin begin belangstel.

Lees ook: Kyk: Blinde terapiehond Smiley doen sy naam gestand “Ons het eintlik net ’n maat gesoek en het nie ’n idee gehad watter yslike verandering Arbor in ons lewe sou teweegbring nie. Ons het onmiddellik agtergekom hoe intelligent sy is met die gemak waarmee sy toertjies verstaan en bemeester het,” het Bruce vertel. Arbor het haar talente regstreeks op televisie vertoon ten einde geld in te samel vir dierewelsynsorganisasies.

“Die duurste prent wat sy verkoop het, het $453 (sowat R7 022) gehaal – en 100 persent van die netto opbrengs het aan ’n liefdadigheidsorganisasie vir diere in Noord-Carolina gegaan."

Volgens Bryce verkoop hulle die meeste van haar skilderye per veiling op eBay.

Dagger II, die driejarige labradorkruising wat liefderik as ‘Dog Vinci’ in die New Yorkse kunswêreld bekend staan, maak, nes Arbor, ’n verskil met sy talent.

Sy skilderye word teen byna $50 (sowat R775) en $200 (ongeveer R3 100) verkoop om diere in nood te help.

Volgens Yvonne Dagger, sy eienaar, wat ook skilder, het die hondjie haar dopgehou toe hy skielik ’n ingewing kry.

Lees ook: Kyk: Ons het ’n nuwe gunsteling-lekkerbek op Instagram!

“Hy het bloot aan my begin stoot, en toe sê ek: ‘Dagger, wil jy verf?’ En toe hy sy stert begin swaai, sê ek: ‘Oukei’,” het Yvonne aan ABC in New York verduidelik.

[caption id="attachment_143325" align="aligncenter" width="450"]PHOTO: Facebook.com/DaggerCanineArtist PHOTO: Facebook.com/DaggerCanineArtist[/caption]

En, volgens Yvonne, is sy bly sy het dit gedoen – ’n skildery van 12 cm x 12 cm sal jou $50 (R775) aan Canine Companions uit die sak jaag.

“Hy kan, op sy vierpotige, harige manier, die mense terugbetaal wat so goed was vir hom.”

Yvonne gee toe sy voel ietwat jaloers op Dagger se natuurlike talent.

[caption id="attachment_143324" align="aligncenter" width="612"]PHOTO: Facebook.com/DaggerCanineArtist PHOTO: Facebook.com/DaggerCanineArtist[/caption]

Sy het erken: “In ’n mate is ek jaloers. Ek wil soos Dagger skilder, want hy is nie bewus van enigiets anders nie. Hy weet net dit wat hy weet en daardie kwasstreep gaan eenvoudig getrek word waar dit beland.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe