Ons is na Uitenhage in die Oos-Kaap omLeanne du Preez te ontmoet nadat haar ma, Lorraine, ’n noodoproep na Huisgenoot gemaak het om te vra of ons nie kan help nie, want haar dogter voel soos ’n  gevangene in haar eie liggaam.

Die 21-jarige Leanne staan 1,6 m in haar sokkies en sy weeg 191,5 kg – ’n goeie 130 kg te veel.

Haar mollige gesig is aantreklik op ’n oulike manier, en haar pragtige groen oë loer na jou van agter ’n blink bruin kuif. Maar moenie eens probeer sê sy is mooi nie – sy sal jou nie glo nie.

“Daar is dae dat ek voel dis nie die moeite werd om te lewe nie, asof alles in die hele wêreld teen my is,” sê sy.

Huisgenoot gaan nou saam met deskundiges ’n plan saamstel om Leanne te help gewig verloor – en as jy ook baie groot is soos sy, kan jy nou saam met haar verslank. Ons noem dit Projek Klop die Skaal, en dit kan, soos vir Leanne, jou kans op ’n nuwe lewe wees.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter.