Een van die passasiers, Devin Harman, het die voorval op sy selfoon vasgevang. In die video kan gesien word hoe die vrou op haar maag lê terwyl sy teen die stuurkajuit se deur skop en slaan.

Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, gil ook: “Julle besef nie eens ons almal gaan sterf nie! Hierdie vliegtuig gaan val!”

Die ergste is: Die vliegtuig was nog nie eens in die lug nie. Die Airbus A319 was nog op die aanloopbaan van die stad Denver se internasionale lughawe toe die vrou die bohaai opskop.

Ooggetuies vertel die vrou het skielik uit haar sitplek opgespring en begin tekere gaan terwyl die vliegtuig van die lughawegebou af weggetrek het.

Die vlieënier het daarna die passasiers toegespreek en gevra almal moet geduldig wees. Die vliegtuig het na die lughawegebou teruggedraai en nie opgestyg nie.

Devin vertel hy het sy videogreep kortgeknip omdat die vrou op ’n kol haar klere begin uittrek het.

Nadat sy deur polisielede verwyder is, het die vliegtuig opgestyg en sy reis na Portland voorgesit.

Dit is nie duidelik hoekom die vrou so opgetree het nie.

Bronne: Daily Mail; Fox News

Lees ook op Huisgenoot.com:

Jennifer Aniston bevestig tragiese nuus

‘Bedwelmde’ skape maak amok op rustige Walliese dorpie

Paaie in Indië besaai met plakkies tydens versengende hittegolf

Krugersdorp-man skiet sy eie blaffende hond dood

Ouers se agt jaar lange stryd met Binnelandse Sake oor hul kind se identiteit