Die Australiese rockduo is sedert die 80’s bekend vir hul treffers All Out Of Love, Lost In Love en Making Love (Out of Nothing At All).

“Dis nie baie musikante wat daardie voorreg kry nie, veral nie Suid-Afrikaners nie,” sê Ricus in ’n mediaverklaring.

“Ek gryp dit met albei hande. Ek weet dis dalk ’n once in a lifetime-geleentheid.”

Ricus gaan van sy eie liedjies en ’n paar Engelse liedjies sing.

– Christiaan Boonzaier