Die jong golden retriever Ray Charles wen wêreldwyd harte deur bloot met ’n sonbril op te poseer of winkel toe te draf.

Selfs RiRi het op Ray Charles verlief geraak en op Instagram gewys sy hou van sy foto.

RiRi thinks Ray Charles is cute

Met sy mooi oë en goue pels het hy die internet behoorlik oorrompel. Mens sou nie kon raai Ray Charles, ’n jong golden retriever, is blind gebore nie.

rc12.png

Maar dit verhoed nie dat die hondjie omtrent alles doen wat jy van ’n ander hondjie sal verwag nie en selfs meer.

Ray Charles goes for a drive

’n Facebook-blad is op 6 Maart vir hom begin en amper 60 000 mense hou nou al van die skattige retriever.

Die bladsy verwelkom gaste met dié boodskap: “Hallo, ek is Ray Charles, ’n golden retriever. Ek is op 12 Augustus 2012 blind gebore, maar moet my nie jammer kry nie. Ek kan hardloop en speel en alles doen wat siende honde kan. Ek bly by my twee ouer broers, Harley en Jack, en my suster, Maggie.”

rc11.png

Foto’s word gereeld opgelaai waar hy met klere aan in die huis rondluier, te oulik poseer of selfs slaap.

Ander hondeliefhebbers deel ook foto’s van hul vierpootvriende op Ray Charles se blad met boodskappe soos: “Dit het my laat glimlag :) Te oulik!!” - Brie Zunino

En Monica Molina sê: “Ray, jy is so oulik!!!! Dank die hemel jy het ’n gesin met ’n ruim hart gekry. Die Here seën hulle!!! Ek hoop jy sal altyd gelykkig wees!! Soentjies uit Argentinië!!”

Ray Charles with a cap

Mense is omtrent versot op die fotogeniese hondjie. Kyk hier na van sy foto’s:

Gaan kyk na die Facebook-blad wat aan die hondjie gewy is

Deur Faiza Mallick

Bronne: Ray Charles The Golden Retriever Facebook Account