Die Gautengse onderwysdepartement het dié besluit verwelkom.

“Geen skool of onderwyser mag dit doen nie. Ons verwelkom die beheerliggaam se besluit om hom af te dank,” het Gershwin Chuenyane, ’n woordvoerder, vanoggend gesê.

Ooggetuienuus het vroeër berig die onderwyser is dissiplinêr verhoor en is verlede week oor sy afdanking in kennis gestel.

Die onderwyser het na bewering drie tienerseuns geneem om die gaatjies in hul penisse te kry. Hy het ook na bewering voor die seuns ’n gaatjie in sy eie penis laat skiet en vir die seuns penisvormige pasta gegee.

Die onderwyser is glo ’n lid van ’n bekende Afrikaanse folkmusiekgroep.  – Sapa