Teen Sondagoggend het Wes-Kaapse paaie minstens sewe lewens sedert die begin van die naweek geëis.

Die provinsiale verkeershoof, Kenny Africa, sê eersgenoemde botsing, tussen ’n Opel en ’n Tata, waarin vyf mense gesterf het, het omstreeks 06:20 in die rigting van Mosselbaai plaasgevind.

Die Opel het geheel en al uitgebrand. Vier mense was in die voertuig en het onherkenbaar verband. Africa sê ’n Tata-passasier is ook dood.

“Dit is die tweede botsing van voor hierdie naweek. Vroeg Saterdagoggend was daar ook ’n trompopbotsing . . . tussen Rawsonville en Slanghoek.”

Die bestuurder van een van die voertuie is dood, terwyl ses passassiers in die tweede voertuig ernstig beseer is.

In ’n ander voorval Sondagoggend is ’n voetganger deur ’n motor getref en dit het die voetganger se lewe gekos. Die voorval het op die N7 naby Du Noon plaasgevind.

Bron:News24