Die begrafnisondernemer Deon Stander het aan die dagblad bevestig sy arm en knieskyf is beseer toe hy in die graf val, maar hy wou nie uitbrei nie.

Een van die rouklaers, wie se naam nie genoem word nie, het gesê ’n plank het meegegee wat oor die graf geplaas was. Doen het in die graf geval met die kis bo-op hom, terwyl die predikant en “vier of vyf” draers op die kis geval het.

Ander rouklares het hulle uit die gat gehelp.

Dit was die begrafnis van Tiaan Prinsloo (25) wat in Desember dood is, blykbaar weens ’n bloedklont deur die hart.