Kaapstad –

Die forum se voorsitter, Abie Isaacs, sê bendelede gebruik dikwels dié gewere omdat hulle maklik is om te maak en op te spoor.

Isaacs het verwys na ’n voorval waartydens ’n 12-jarige seun doodgeskiet is terwyl hy met ’n tuisgemaakte geweer gespeel het.

Kaptein FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die seun is Maandagoggend vroeg oorlede.

“Die polisie het gereageer op ’n skietvoorval Sondagmiddag omstreeks een-uur in Sugarloaf-straat in Tafelsig, waar hulle ’n minderjarige met ’n skietwond in sy kop gevind het,” het hy gesê en bygevoeg dat die kind later aan sy wonde beswyk het.

“Daar word vermoed dat die slagoffer en sy maats met die tuisgemaakte geweer gespeel het en geskiet is toe ’n skoot afgevuur is.”

Isaacs het ouers aangemoedig om hul kinders se internetsoekgeskiedenis dop te hou om seker te maak hulle eksperimenteer nie met dié tipe gevaarlike “speelgoed” nie.

News24

Lees ook: Mag my kind met gewelddadige speelgoed speel?