’n Seun kan die wêreldrekord vir limboskaats verbeter.

Gagan Satish van Bangalore, Indië, kan binne minder as 30 sekondes onder 39 motors skaats, berig die koerant Daily Mirror.

Die sesjarige Gagan, wat al van driejarige ouderdom skaats, gebruik sy uiterste soepelheid om in die 7 cm-gaping tussen die motors en die pad te pas.

Sy pa sê hy is “ekstaties” oor sy seun se prestasie.

Gagan het reeds ’n aantal medaljes en gaan binnekort ’n Guinness World Record-medalje by sy versameling voeg.