Sy opbeurende verhaal is op die Facebook-blad Humans of Dublin gedeel deur die fotograaf Peter Varga, wat die blad begin het nadat Humans of New York hom geïnspireer het.

In die Facebook-inskrywing, wat meer as 39 000 “likes” gekry het, word vertel hoe Jamie ’n man op die randjie van ’n brug sien sit het. Hy het bloot gevra “Is jy oukei?” toe hy dit sien.

“Ek het aan die kyk in sy oë geweet hy is nie en hy’t ook niks gesê nie, maar ek het gesien trane kom by sy oë uit,” vertel Jamie.

Hy het sonder om twee keer te dink die man gesmeek om “af te klim en op die trap te sit”, waar hulle sowat 45 minute lank gepraat het oor “wat met hom aan die gebeur was en hoekom hy so voel”, vertel Jamie.

“Ek kon hom nie alleen daar los nie, maar ek moes gaan, so ek wou ’n ambulans bel. Ek het vir hom gesê hulle kan hom help om beter te voel.”

Hy het ten spyte van die man se besware ’n ambulans gebel en die man is na die St. James-hospitaal geneem. Hulle het kontaknommers uitgeruil voor hy weg is sodat hulle in verbinding kon bly.

En toe gebeur die ongelooflikste ding. “Hy het my sowat drie maande gelede ’n boodskap gestuur om te sê sy vrou is swanger – hulle verwag ’n seuntjie en hulle gaan hom na my noem. Kan jy dit glo?”

Die man het vir Jamie gesê hy het sy lewe gered deur bloot te vra of hy oukei is. “Ek kan nie eintlik begryp hoe so min woorde sy lewe kon red nie, maar hy’t vir my gesê: ‘Verbeel jou net niemand vra dit ooit vir jou nie’.”

humans of dublin

Bronne: huffingtonpost.com, 98fm.com