Lila Apostolou het die man van haar drome op Twitter ontmoet. Foto: Twitter.

En toe, sonder om dit te verwag, ontmoet sy daardie dag die man van haar drome!

Phil Gibson, ook van Londen, het amper onmiddellik op Lila se twiet reageer deur homself vir die taak beskikbaar te stel, alhoewel hulle nog nooit tevore ontmoet het nie.

Hulle het toe nie die troue saam bygewoon nie, maar het wel mekaar later in daardie week ontmoet.

“Ek moet dit net duidelik maak dat ons nie die troue saam bygewoon het nie. Dit was my suster se troue – kan jy jou indink! Maar ek en Phil het daardie week vir die eerste keer in lewende lywe ontmoet,” het Lila aan Mirror.co.uk vertel.

Amper presies drie jaar later het die paartjie afgehaak en hul spesiale trounuus op Twitter gedeel.

Bronne: Huffington Post, Mirror