Gewoonlik woel dinge in die Laan danksy verbode liefde, trane van blydskap en vreugde asook allerlei slim plannetjies wat gesmee word. Maar nou raak alles vir eers stil  want dis tyd vir die mooiste feeswens wat jy in ’n lang tyd gehoor het.

Hildegardt Whites, wat die rol van Bonita in die Laan vertolk, is nie net ’n talentvolle aktrise nie; sy het ook ’n sangstem van formaat. Sy en die geliefde karakters van 7de Laan het kragte saamgesnoer vir hierdie spesiale feestydwens.

Wees gewaarsku, Hildegardt se sielvolle vertolking van Stille Nag sal jou hoendervleis gee. Jy gaan dit weer en weer, en nog ’n keer, luister.

Op haar Facebook-blad vertel Hildegardt hoe sy dit geniet het om saam met haar man, Kuba Silkiewicz, aan die weergawe te werk.

Ons wens graag elke lid van die 7de Laan-span, voor en agter die skerms, eweneens ’n geseënde feestyd toe!