Die afgelope ruk was baie stresvol vir die ouens van One Direction met ’n wêreldtoer en die verlies van hul vyfde lid, Zayn Malik.

Maar pleks van heeldag in sy hotelkamer lê of rowwe partytjies hou, het Harry Styles (21) besluit om sy vrye tyd in Kaapstad beter te benut. Harry het ure saam met die kinders van die liefdadigheidsorganisasie Lalela Project deurgebring. Hy het almal kaartjies vir die konsert gegee en lank met hulle oor hul lewe gesels. Kyk hier na die besoek:

Bronne: The Sun, Channel24, Instagram