Die Story of My Life-sangers, wat hul geheime in die Desember-uitgawe van Seventeen onthul, sê die 20-jarige gaan gim meer as die ander latte en het ’n mooi lyf.

Niall Horan (20) het gesê: “Payne-o! Daardie ou is gespierd. Maar ek moet toegee hy werk hard daaraan.”

Die ouens, wat pas hul allemintige wêreldtoer van meer as 130 lande voltooi het, sê die X Factor-hartebrekers sing nie net op die verhoog nie.

Gevra of hulle in die stort opwarm, het Harry geantwoord: “Ons almal doen dit. Ons hoor Liam soms deur die muur.”

Die Best Song Ever-ster, wat met sy skoolvriendin Sophia Smith uitgaan, het ook verklap sonder watter versorgingsprodukte hy nie op toer kan klaarkom nie.

“Tandepasta,” het hy gesê. “Jy moet ’n vars asem hê, veral wanneer ons in mekaar se gesig sing.”

Die aantreklike Zayn Malik (20) het gesê vogroom is belangrik. “Jy moet glad bly.”

Louis Tomlinson (21) het ook sy ware kleure gewys nadat hy die grapmaker in die groep genoem is.

Hy het gesê: “Ek is al ’n poetsbakker genoem. Ek verander die woorde van liedjies wanneer die ouens dit die minste verwag. Hul reaksie is skreeusnaaks.”