Maar nou het die oorblywende sangers, Harry Styles, Liam Payne, Niall Horan en Louis Tomlinson, aanbeweeg met hul loopbaan en hulle werk aan ’n vyfde album, hul eerste as ’n groep van vier.
Die ouens het in ’n nuwe onderhoud gesê die eersdaagse album gaan die nuwe fase in hul geskiedenis weerspieël.

Die ouens het in ’n nuwe onderhoud gesê die eersdaagse album gaan die nuwe fase in hul geskiedenis weerspieël.

“Daar is ’n paar ander klanke op die album, nie al die liedjies klink dieselfde nie. Dis almal nogal anders,” het Niall in ’n onderhoud met Live Nation en Etoline gesê. “Daar is verskillende kitaar- en tromklanke. Dis baie anders as wat ons voorheen gedoen het, maar dis koel.”

One Direction is op die Britse talentprogram The X Factor gevorm en het sedertdien wêreldwye sukses met liedjies soos Best Song Ever en Steal My Girl behaal.

Liam het erken hoewel die nuwe album “eklekties” gaan wees, sal dit ook die elemente bevat wat die groep beroemd gemaak het. “Daar is baie ouskoolse klanke ook.

Ek het voorheen gesê dit het ’n Oasis-klank gehad, maar ek het aan een liedjie gedink wat ek gespeel het. Ek dink dis baie uiteenlopend.”

Hoewel talle kunstenaars in 2015 saamgespan het vir liedjies, het One Direction nog nie enige potensiële kunstenaars vir ’n duet op die album gekies nie, maar dis nie te sê daar sal nie ’n paar groot name op die album verskyn nie. “Daar is nog geen ander kunstenaars tot dusver nie,” sê Niall. “Ons werk nog daaraan.”

© Cover Media