Jaqui Holly, ’n gr. 5-onderwyser by Riverside College in Kaapstad, gee namens ondewysers dié raad:

Terwyl die skool ’n belangrike rol in die kind se lewe speel, is dit alle betrokkenes (ouers, die skool en onderwysers) se verantwoordelikheid om te verseker hulle kry die meeste uit hul opvoeding. Hier is my topwenke.

Verskaf ondersteuning

Bied jou kind ’n paar woorde van ondersteuning en motivering; dit bou selfvertroue. Om te praat oor die belang van skool vir hul toekoms gaan hulle ook ’n blik gee op die groter prentjie. As jy seker maak jou kind is elke dag betyds by die skool gaan hulle respek vir die reëls en dissipline leer. En as jy hul kennis toets oor die dinge om hulle, gaan jy hul nuuskierigheid aanwakker

Huiswerk

Kinders reageer op roetine; sit dus ’n spesifieke tyd uiteen vir huiswerk. Maak seker hulle het ’n stil, ordelike plek om te werk, en help hulle waar toepaslik. Saam lees kan ook ’n belang in skryf aanwakker. Moedig hulle aan om alles te lees – van die ontbytpap se boks tot padtekens! As jy jou kind aanmoedig om in sy alledaagse lewe probleme op te los, gaan hulle anders leer dink, iets wat baiekeer vir skoolwerk ’n vereiste is.

Raak betrokke

Toon belangstelling in skoolaktiwiteite of doen vrywilligerswerk waar jy kan – hoe opgewonder jy raak oor wat jy kan, hoe opgewonder gaan jou kind oor skool raak. ’n Goeie verhouding met die onderwysers gaan kommunikasie makliker maak en jou beter ingelig hou oor jou kind se prestasie. Dit beteken jy gaan gouer ingelig word as jou kind probleme ervaar. Probeer die skool voor jou kind goedpraat. Enige negatiewe idees wat die ouer oor die skool het, gaan net die kind negatief oor leer laat voel. Onthou, ons is op dieselfde span.

Rus en ontspanning

Maak seker jou kind slaap genoeg; dit sal hul konsentrasievermoë verbeter. Dit is ook goed dat hulle nie so baie TV kyk nie. Al is tegnologie ’n lekker manier is om te ontspan, moet kinders ook vaardighede op ander gebiede ontwikkel, soos motoriese en kommunikasievaardighede. Vra hulle uit oor hul dag by die skool; het hulle iets nuuts geleer of was daar iets wat hulle verwar het? om hul kennis met speletjie te toets gaan ook belang oor die onderwerpe aanwakker.

Beproef dié speletjies

  • Spelbofbal: Teken vier bowwe op ’n stuk papier. Die “gooier” kies dan ’n woord. As die “kolwer” dit reg kan spel, kan hy een bof vorentoe beweeg. As hulle dit nie kan spel nie, moet hulle bly waar hulle is. Die kind kry ’n punt vir elke keer dat hulle tuisbof verbysteek.
  • Sneeuman (die laksman-speletjie): Dit is ’n nie-gewelddadige weergawe van die laksman-speletjie (Hangman). Teken op ’n wit- of swartbord ’n sneeuman met ’n hoed en drie knope. Vra jou kind om ’n woord te raai, en met elke letter wat hulle verkeerd raai, vee jy ’n deel van die sneeuman uit. Hulle moet die woord raai voor die sneeuman smelt!
  • Geheuespeletjie: Maak pare woordkaarte. Draai hulle om en probeer die meeste kaarte by mekaar pas. Die een met die meeste bypassende kaarte wen.
  • Scrabble of 30 Seconds: Hierdie speletjies help met spelvermoë en algemene kennis. Speel dit oor naweke as ’n gesin.