’n Dokter moes die kram verwyder nadat die kind se geskokte ouers hom na die hospitaal gebring het.

Die verstommende voorval het in ’n kindertuinklas in die Jiangle-distrik in die Fujian-provinsie in die suidooste van China gebeur.

Die onderwyseres wou vermoedelik die kind vir wangedrag straf deur sy oor voor sy klasmaats te kram.

Die seun se geskokte ouers het eers die kram raakgesien toe die seun van pyn skree toe hulle hom later die aand bad.

Hy het verduidelik die onderwyseres het dit gedoen omdat hy in die klas stout was. Teen die tyd dat hy in die hospitaal behandel is, was sy linkeroor opgeswel en gekneus.

Sy onderwyseres, Lan Li (28), het erken sy het dit gedoen en is op die plek afgedank.

Die opvoedkundige buro se raad vir etiek het die skool gelas om Feng se mediese behandeling te betaal asook vergoeding aan die gesin vir die kind se lyding.

’n Ondersoek is na Lan se aktiwiteite begin en sy kan van wreedheid of aanranding aangekla word.

Bronne: Daily Mail, Global Times, Herald Sun