Panyaza Lesufi, LUR van die Gautengse onderwysdepartement, het die voorval op Twitter bevestig en getwiet dat hy na die skool toe op pad is.

Die skool se ontvangsdame wou by navraag geen kommentaar lewer nie en het gesê die familie het versoek dat hulle nie oor die voorval praat nie.

Daar is nog geen verdere inligting beskikbaar nie.

Bron: News24