- en nogal teen afslag van  takealot.com, Alle Afrikaanse boeke sal vandag vir 24 uur teen ‘n verdere 15% afslag verkoop word wanneer die koeponkode Vriend-van-Afrikaans gebruik word.

Marlise Bosman, Afrikaanse boeke-aankoper by takealot.com, sê die Afrikaanse gemeenskap is lank al groot kopers by die e-handelaar.

“Ons het juis in Mei ‘n nuwe Afrikaanse Winkel op ons webwerf geskep, waar Afrikaanse kopers al die nuutste Afrikaanse boeke, CDs en DVDs vinnig kan opspoor. Ons sien al lank hoe ons Afrikaanse kliënte nuwe Afrikaanse boeke sommer vinnig opraap. Skrywers soos Deon Meyer bly gewild, maar dit is ook boeke soos Boer Kry ‘n Vrou, wat baie mense as die Afrikanerweergawe van die gewilde 50 Shades boeke sien, wat groot verkopers is. Kookboeke bly die gewildste, met Prof Tim Noakes se Die Kosrevolusie wat veral in aanvraag bly.”

Die jaarlikse Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag is in 2005 deur die Vriende van Afrikaans van stapel gestuur maar word nou ook onder meer deur die Afrikaanse Taalraad bevorder. Dit word elke jaar op die 14de Augustus gevier, ook terloops die stigtingsdag van die eerste Afrikaanse Taalbeweging in die Paarl in 1875.

“Daar is ‘n duidelike tendens na gesonder leefstyle onder ons Afrikaner kopers, met boeke soos dié asook Low Carb is Lekker, Suikervry en Kry Daai Lyf wat gereeld onder die topverkopers getel word.”

Volgens takealot is die volgende boeke die topverkopers onder die Afrikaanse gemeenskap:

Kookboeke

1.       Die Kosrevolusie deur Prof Tim Noakes

2.       Low Carb is Lekker deur Inè Reynierse

3.       Karoo Kombuis deur Sydda Essop

Fiksie

1.       Ikarus deur Deon Meyer

2.       Boer Kry ‘n Vrou deur Jan van Staden

3.       Kamphoer deur Francois Smith

Nie-fiksie

1.       Alles Oor Hekel 1 deur Karen Arendorff

2.       Alles Oor Hekel 2 deur Karen Arendorff

3.       150 Stories deur Nataniël

KLIK HIER om regstreeks na die Afrikaanse e-winkel te gaan