Dit het Vrydag aan die lig gekom die afgetrede Formule Een-kampioen het ’n GoPro-kamera op sy helm gedra toe hy in ’n ski-ongeluk in Frankryk beseer is.

Ondersoekers hoop die beeldmateriaal sal hul vrae oor die ongeluk help beantwoord.

Daar is berig die familie wou eers nie saamwerk nie omdat hulle sy privaatheid wou beskerm, maar Sabine Kehm, sy woordvoerder, het gister gesê die beeldmateriaal is oorhandig.

Schumacher se valhelm het in twee gebreek toe sy kop ’n klip getref het.

  • Lees meer oor Schumacher se ongeluk in die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat nou te koop is.

– Sapa

sapalogo