Sers. Gift Matome van die Brits-polisie het getuig tydens die borgtogaansoek van Poppie se ma, Louisa Koekemoer.

[caption id="attachment_151361" align="aligncenter" width="600"]Louisa, wat by tye in trane in die hof was, luister na sers. Gift Matome, die ondersoekbeampte se getuienis. Foto: Jacobus Ludick. Louisa, wat by tye in trane in die hof was, luister na sers. Gift Matome, die ondersoekbeampte se getuienis. Foto: Jacobus Ludick.[/caption]

Hy het gesê getuig die meisie het verskeie beserings aan haar lyf opgedoen voor haar dood op 25 Oktober, maar Louisa (45) het dit nooit aangemeld nie.

[caption id="attachment_151362" align="aligncenter" width="600"]Poppie se pa, Christo van der Merwe, was by tye oorweldig deur emosie. Foto: Jacobus Ludick. Poppie se pa, Christo van der Merwe, was by tye oorweldig deur emosie. Foto: Jacobus Ludick.[/caption]

Die hof het gehoor die amptelike oorsaak van Poppie se dood was kopbeserings wat deur ’n stomp voorwerp toegedien is.

[caption id="attachment_151363" align="aligncenter" width="600"]'n Vrolike klein dogtertjie. 'n Tragiese einde. 'n Vrolike klein dogtertjie. 'n Tragiese einde.[/caption]

Louisa het in haar verklaring, wat in die hof voorgelees is, beweer haar man, Kobus Koekemoer (43), het haar kind doodgeskop. Sy het aangevoer sy het nooit aan haar dogter geslaan nie.

Die ondersoekbeampte het gesê net Louisa en Kobus kan sê wat gebeur het op daardie tragiese dag in die plaashuis naby Mamogaleskraal buite Brits waar die gesin gewoon het. Poppie het ook ’n broer.

Poppie is op 25 Oktober na die Brits-hospitaal geneem en daar dood verklaar. Kobus is daardie selfde nag in hegtenis geneem. Nadat die ondersoek nog bewyse opgelewer het, is Louisa op Donderdag 15 Desember aangekeer.

[caption id="attachment_151364" align="aligncenter" width="600"]Louisa se ma, Susan Bothma, kon ook nie die trane terughou nie. Foto: Jacobus Ludick. Louisa se ma, Susan Bothma, kon ook nie die trane terughou nie. Foto: Jacobus Ludick.[/caption]

Gift het beswaar aangeteken teen borgtog vir Louisa. Hy het aangevoer sy het in haar eerste verklaring gejok om haar man te beskerm.

Die hof het gehoor oor die voorvalle waaroor Huisgenoot vroeër berig het – Louisa se beweerde ontvoering (waarvoor niemand nog in hegtenis geneem is nie) en die inbraak by haar huis een Sondagaand.

Vroeër vandag: ‘Die wiel draai!’ Poppie se ma toegesnou in hof – kyk video

Die beampte het aangevoer dit is nie buite die tronk veilig vir Louisa nie, ook weens die aanslag op haar in die sosiale media. Hy meen ook sy kan haar eie lewe neem.

Die hof het gehoor die saak sal waarskynlik verwys word na die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria, waar Louisa en Kobus saam verhoor sal word vir die moord op Poppie.

Die borgtogaansoek duur voort.