[caption id="attachment_153278" align="alignnone" width="600"]George Michael en Fadi Fawaz. Foto: Cover Media George Michael en Fadi Fawaz. Foto: Cover Media[/caption]

Fadi het op Kersdag op George se lyk in die sanger se bed in sy herehuis in Oxfordshire afgekom.

Volgens Fadi het hy George daardie nag glad nie gesien nie aangesien hy wat Fadi is buite in sy motor geslaap en eers die volgende oggend die skokontdekking gedoen het.

Eers is gemeen Michael het aan ’n hartaanval gesterf, maar die polisieondersoek neem nou 'n nuwe wending. Onder meer wil hulle by Fadi vasstel wat hy alles van Michael se doen en late weet in daardie laaste paar dae voor sy dood.

Die polisie probeer ook almal opspoor wat die megapopster se huis in daardie tyd besoek het. ’n Paparazzi-agentskap is selfs versoek om alle foto’s wat hulle in daardie tyd van die ingang na die huis geneem het, aan die speurders te oorhandig.

Fadi het kort ná Michael se dood getwiet dat die sanger meermale sy eie lewe wou neem, maar ontken nou dat dié twiets van hom af kom. Sy jongste bewerings is dat iemand beheer van sy Twitter-rekening oorgeneem het.

Bronne: MailOnline; Mirror