Konst. Tumisang Moloto het bevestig werkers by die wateraanleg het die man se liggaam omstreeks 08:00 Maandagoggend gevind.

"Ons vermoed die man is elders vermoor voor sy lyk by die aanleg gestort is," het Tumisang gesê.

Volgens hom het die onbekende man sigbare beserings aan die onderkant van sy liggaam gehad.

"’n Nadoodse ondersoek gaan uitgevoer word om die oorsaak van die man se dood vas te stel sowel as sy ouderdom."

Niemand is tot dusver aangekeer nie.

Bron: News24