Thamsanqa Jantjie is terug en skitter nou in sy eie TV-advertensie vir ’n video-app wat in Israel bemark word. Met dié app kan gebruikers regstreekse video-uitsendinge van hulself op sosiale media deel.

In die advertensie skeer hy die gek met sy bekende misstap op die begrafnis en sê hy “is werklik jammer vir wat gebeur het”.

Grepe van sy onverstaanbare handgebare word ook gewys, met Jantjies wat sê hy is nou ’n glanspersoonlikheid wat bemarking doen vir geld.

Volgens die New York Daily News sê die app se vervaardigers hulle was op soek na ’n aanbieder wat bekend is vir die grootste flater op regstreekse TV tot dusver en het daarom op Jantjie besluit.

Jantjie is luidens berigte in ’n psigiatriese kliniek opgeneem né Madiba se gedenkdiens. Die app se vervaardigers sê hulle het ’n plaaslike joernalis gehuur om hom as ’n familielid van Jantjies voor te doen en hom ontslaan te kry sodat hulle die advertensie kon verfilm.

Bron: NY Daily News

- Mieke Vlok