Dit is hoe Patrick O'Flynn van Monroe County, die ondersoekbeampte van die moord, dit beskryf.

Craig Rideout van Penfield in die deelstaat New York, het op 19 Julie 2016 spoorloos verdwyn.

’n 7 m-lange plastiekseil, bungee-toue, handskoene, drie bottels sterk drein-skoonmakerprodukte. En ’n dieet-koeldrank.

Dit sou ook die dag wees waarop sy vervreemde vrou, Laura, en haar vriend inkopies by Walmart gedoen het: ’n 7 m-lange plastiekseil, bungee-toue,  handskoene, drie bottels sterk drein-skoonmakerprodukte. En ’n dieet-koeldrank.

Die vonds

Lowell Weaver, ’n boer van Yates County, ry elke dag dieselfde pad met sy fiets werk toe.

Kort voor 05:00 die oggend van 20 Julie het hy twee motors langs die pad gewaar. Dit was vir hom vreemd omdat die roete gewoonlik nie juis besig was daardie tyd van die dag nie.

Met sy terugkeer drie uur later kon hy egter nie sy nuuskierigheid bedwing nie. Hy’t gestop waar hy vroeër die motors gesien het. Daar het hy ’n graaf aangetref en besluit om verder ondersoek in te stel.

Min kon Lowell voorberei op wat hy sou sien toe hy daardie einste plastiekseil opgelig het.

Die blote sig van ’n kaal voet wat onder die seil uitgesteek het, het hom verskrik op sy fiets laat terugspring. Hy het die polisie van die naaste bure se huis gebel.

Dit sou egter ’n baie onnosel oorsig aan die kant van Craig se moordenaars wees wat die polisie se vermoedens bevestig het.

Maar kon dit dalk Craig Rideout wees wat as vermis aangemeld is? Dit was onmoontlik - sy gesig en vingerafdrukke was onherkenbaar met een of ander soort suur verbrand en hy het kopwonde gehad.

Skok-arrestasies

Die polisie was oortuig dat dit Craig was. Dit sou egter ’n baie onnosel oorsig aan die kant van Craig se moordenaars wees wat die polisie se vermoedens bevestig het. Hulle het al die moeite gedoen om sy voorkoms te verwoes, maar vergeet om sy selfoon uit sy broeksak te haal.

Een oproep na Craig se nommer - en die telefoon onder die plastiekseil het gelui . . .

Craig se twee seuns, Colin (toe 22) en Alexander (toe 19) is op 20 Julie vasgetrek toe hulle goed in ’n dam wou gooi. Onder die items wat by hulle gevind is, was ’n sak met handskoene, oplosmiddel en drein-skoonmakerprodukte.

Op 21 Julie word sy vervreemde vrou in hegtenis geneem in verband met sy moord.

Colin het getuig dat hy op versoek van sy ma na Craig se huis sou gaan. Daar aangekom het hy vir Laura, Colin en sy suster Elizabeth aangetref, besig om bloed skoon te maak. Hy het aangebied om te help.

In Craig se huis het die polisie die volgende in die kelder gevind: bebloede klere, ontsmettingslappies in 'n sak met Laura se vingerafdruk op die sak. En 'n botteltjie dieet-koeldrank met 'n vrou se DNS daarop . . .

Die Rideouts

Craig (50) en Laura Rideout (46) was die ouers van sewe kinders. Hy was ’n inligtingstegnologiekundige en sy het na hul kinders tuis omgesien.

Die Rideout-huweliksbootjie het glo lankal nie meer seepglad gevaar nie en Laura se aansoek om van Craig te skei, volg in November 2014.

Hulle was vriende met Paul (51) en Jennifer Tucci. Kort ná Jennifer in Augustus 2014 aan kanker gesterf het, het Laura en van haar kinders by Paul, ’n pa van vier, ingetrek. 

Die Rideout-huweliksbootjie het glo lankal nie meer seepglad gevaar nie en Laura se aansoek om van Craig te skei, volg in November 2014.

Craig en Laura se jongste twee kinders, toe onderskeidelik ’n seun van 12 en ’n dogter van 6 jaar oud, was onder Craig se toesig. Laura en Paul wou egter na Noord-Carolina trek en het reeds ’n ooreenkoms geteken vir 'n huis in Durham.

Hulle sou egter vir ’n geruime tyd nie die groot trek kon aanpak nie. Die egskeiding het in ’n aaklige toutrekkery vol beskuldigings en ontkennings ontaard. Hul seuns, Colin en Alex, sou ook gereeld in bekgevegte met hul pa betrokke geraak het. Dit sou tot in 2016 voortduur.

Toe verdwyn Craig soos mis voor die son nadat hy die aand van 19 Julie vir die laaste keer met sy suster, Robbyn Drew, oor die telefoon gesels het.

Skuldig!

Die verhoor het op 26 Junie vanjaar begin. Op 25 Julie is Laura skuldig bevind aan moord, inbraak en die peuter met bewyse.

Colin, haar seun, word ook skuldig bevind aan moord en peuter met bewyse.

Alex, haar jonger seun, word net skuldig bevind aan twee klagte van peuter met bewyse.

Paul Tucci kom skotvry daarvan af.

Die Rideouts se regspanne het reeds aangedui dat daar appèl aangeteken gaan word teen die skuldigbevinding.

Vonnisoplegging sal in September vanjaar plaasvind.

Bronne: democratandchronicle.com, nypost.com, whec.com