Die reklameagentskap Toast Media het in Mei ’n koerantadvertensie gepubliseer waarin hulle die Rorschach-inkvlektoets gebruik om twee beelde uit te beeld van iemand wat ’n handgeweer vashou met ’n gebreekte hart in die middel.

Boaan die advertensie het gestaan: “Oscar’s Psychiatric Evaluation” gevolg deur die woorde: “vir alternatiewe kreatiewe resultate” en die agentskap se kontakbesonderhede.

Die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde het onlangs bevind dat die advertensie beledigend is, en onmiddellik deur die Johannesburgse maatskappy verwyder moet word en nooit weer gepubliseer mag word nie.

Dit het op 27 Mei vanjaar in die dagblad The Times verskyn.

Bronne: Asasa.org.za en Timeslive.co.za