[caption id="attachment_162222" align="alignnone" width="600"]Louis Tomlinson. Foto: Cover Media Louis Tomlinson. Foto: Cover Media[/caption]

Die sanger het saam met sy model-vriendin Eleanor Calder gewag vir hul bagasie toe Louis die fotograaf, wat glo baie naby aan die paartjie gekom het, getakel het. Die fotograaf het op die grond geval en sy kop gekap. Eleanor het weer met ’n vroulike omstander vasgesit wat na bewering besig was om ’n video-opname van haar te maak.

  Die vrou en die fotograaf het daarna gekeer dat die glanspaar verdwyn tot polisie op die toneel aangekom het. Louis is gearresteer op klagte van aanranding. Dit is onduidelik of sy vriendin ook aangekeer is.
Die sanger se prokureur, Martin Singer, het Saterdag in ’n verlaring gesê Louis is uitgelok deur die paparazzi en dat hy sy vriendin probeer beskerm het terwyl sy deur drie individue aangeval is toe hy besig was om met die fotograaf te stoei.

Louis is intussen weer vrygelaat en moet op 29 Maart in die hof verskyn.

– Cover Media